VCSV 2018

VCSV dagbestuur

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat gekies is as die nuwe VCSV Kringleiers Dagbestuur vir 2019

Vlnr:Voorsitster Layla Muller, Divan de Villiers, Janet du Plessis, onder-voorsitter Willem Coertzen, Ilke Botes, Peet Coetzer en Leané de Wet
#ValiaVCSV
#TrotsTradisieTransvalia

VCSV

Daar is 89 nuwe kringleiers verkies vir 2019 wat die kringe sal behartig.
Woensdae gedurende eerste pouse word kringe gehou op die rugby en hokkieveld vir die leerlinge wat by kringe ingeskakel het. Woordbediening vir die kringleiers geskied Donderdae oggende voor skool.

Die kringleiers gaan hul opleidingskamp te Kroon Resort geniet, na die eksamen, tydens die naweek van 30 November tot 2 Desember. Ons sien baie uit na hierdie opleidingsgeleentheid wat voorlê. Die dagbestuur het ook pas die GLS (Global Leadership Summit) bygewoon by River of Life gemeente en dit baie leersaam gevind.

Die VCSV het op ‘n uitreik gegaan gedurende die derde kwartaal na die Purr Paws diereversorgings-sentrum en tyd saam met die diere spandeer. Daar is pragtige en vriendelike diere om aan te neem.

Die Santa Shoebox organisasie is ook baie goed ondersteun hierdie jaar.

BAIE DANKIE aan elkeen van u wat deel was hiervan. Baie kinderharte gaan dankbaar wees vir hul besonderse, mooi en spesiale kerspakkies!

VCSV kringleiers 2018

VCSV Kringleiers inhuldiging vir 2018 by NG Suid Gemeente. 27 Sept. 2017.
Baie geluk aan elke leerder met hul verkiesing.
#TROTSVALIA
#TROTSVCSV2018
   
   
   

VCSV

Die VCSV-lede vergader weekliks in selgroepe en onder aanvoering van kringleiers word die evangelie-boodskap verkondig. Die gebedsgroep vergader elke Woensdag. Opwindende aktiwiteite soos o.a. “Movie by Candlelight” word jaarliks aangebied, en fondse word aangewend vir projekte in die gemeenskap. Nog 'n hoogtepunt is die jaarlikse Kringleier-Kamp waartydens opleiding plaasvind.