Mnr en Mej Valia 2018

8 Mei 2018, was 'n aand wat jy nie kon misloop nie. Die tema was Shaken, not stirred…James Bond in volle swang. Soos in enige bekende James Bond film is daar altyd 'n dame wat die koppe laat draai en "Sasha, van Getroud met Rugby" het beslis die koppe laat draai. Anlia van Rensburg, meer bekend as, Sasha het as ons MC opgetree. Natasha Menino-Costa van ACE Models en Natalie Menino, saam met die komitee, was die geheime wapen in hierdie James Bond produksie. Esme Booyens het weereens die meisies asemrowend laat lyk in haar ontwerpe. Die seuns het ook die kollig gesteel in hulle aanddrag deur The Smart Guy. Mardo’s het elke deelnemer se mooiste oomblik vasgevang. Hierdie aand is moontlik gemaak deur soveel borge en u word opreg waardeer. Hierdie aand het ‘n ontploffing veroorsaak en was verseker die moeite werd.

Wenners
FOTOGENIES
Danel Lotter
Vian van Wyk

PERSOONLIKHEID
Chantelize van den Berg
Driaan van den Berg

DEBUTANT
Darius Bukes

JUNIOR MNR VALIA
1. Dewet Degenaar
2. Tiaan Grové
3. Wihan McGeer

JUNIOR MEJ VALIA
1. Monique Cilliers
2. Lalla Mlangeni
3. Abigail van Niekerk

SENIOR MNR VALIA
1. Vian van Wyk
2. Hennie van der Westhuizen
3. Driaan van Berg

SENIOR MEJ VALIA
1. An-Suné Terblanche
2. Kisia Steyn
3. Corlia Hattingh