Bergfietsry span wen Suid-Gauteng liga

Transvalia se fietsryspan het gekook by die naweek se eerste Gauteng wedren van die Spur skole fietryreeks! Daar was 48 skole wat deelgeneem het.

Transvalia se 53 ryers het uitstekend gedoen en gesorg dat Transvalia algeheel wen met 25 punte! Midstream College was tweede met Hoërskool Monument wat derde geëindig het.

Die volgende ryers het podium posisies behaal:
Ruben Gombos 1ste seuns o/14
Francois Botes 1ste seuns o/15
Johan de Villiers 2de seuns o/16
Bernice van Staden 4de meisies o/16
Natalie Long 2de meisies o/18
Kaylin Gombos 3de meisies o/18
Ilke Botes 5de meisies o/18
Konrad Spänig 3de seuns o/18

Ruben Gombos en Francois Botes dra nou die “Spur Leaders Red Jersey” van hul onderskeie oudersdomsgroepe!

Fietsryspan

Tuksreeks uitslae 2018

H/S Transvalia se sportleerders kan trots voel op die skool se algehele 7 de plek in die reeks! Baie geluk! Dankie aan elke leerder, ouer, afrigter, organiseerder en toeskouer.Die fietsry het soos volg uitgeblink:
Algeheel 1 ste (seuns eindig 1ste en die meisies gesamentlik 2de met Garsfontein. Ook wen ons die aflos-kompetisie in 'n naelbytstryd!
0/15 - Lourens v Staden 2de met Marinus Faling 3de, Bianca Barnard 4de
0/16 - Natalie Long wen met Kaylin Gombos 4de, Konrad Spanïg 3de
0/18 - Wayne vd Walt wen oortuigend met Boela van Staden 4de

2018 GAUTENG HIGH SCHOOL MTB SERIES

Transvalia het met meer as 120 punte voor die naaste skool in Gauteng geëindig. Hulle word aangewys as die C-streekwenners. By die afgelope Spur SA-skole bergfietsreeks eindig Transvalia algeheel 6de uit meer as 80 skole wat verteeenwoordig is. Baie geluk aan Natalie Long en Lourens van Staden wat opgeneem is in die Gauteng Dream Team, wat tydens die inter-provinsiale kompetisie aangewys is as die top-bergfiets provinsie in die land. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat die eer Natalie te beurt val.
Baie geluk !
#ValiaFietsry
#TrotsTradisieTransvalia

Gauteng Dream Team 2018

SA Skole Bergfietsry 2018

Fietsry in aksie!