Eksamenrooster Mei/Junie 2019

Eksamenrooster

Matriekuitslae 2018

Hoërskool Transvalia is weereens die top akademiese skool in die Vaaldriehoek!
Baie geluk aan al die gr. 12-leerders van 2018. Ons spog met ‘n 100%-slaagsyfer en 'n uitmuntende 88.6%-universiteitsvrystelling.
Leerders wat spesiale vermelding verdien:
9 Onderskeidings
Marelize Roux
7 Onderskeidings
Carla Vivier en Wiehann Vorster
6 Onderskeidings
Ziné Botha, Christiaan de Wet, Kian Moolman, Wouter Roos, Meghan van Deventer, Chris van Niekerk en Sumarie Wessels
5 Onderskeidings
Roelof du Plessis, Christiaan Landsberg, Ryan Nel, Erna Odendaal en Amber-Jane Wilson.
4 Onderskeidings = 10 Leerders
3 Onderskeidings = 13 Leerders
2 Onderskeidings = 34 Leerders

Dankie aan elke Matriek onderwyser vir julle insette en harde werk en weereens baie geluk aan elke leerder en sterkte met julle toekoms!
Valia is trots op almal!
#Matrieks #Klasvan2018
#TrotsTradisieTransvalia

Vita Akademia November 2018

Vita Akademia

Vitae Toppresteerders 2018

Toppresteerders: Senior en Junior

Senior: Ilke Botes, Junior: Michaela Jeffrey

Toppresteerders:Graad 11

Toppresteerders:Graad 10

Toppresteerders:Graad 9

Toppresteerders:Graad 8

Distrik Matriek Akademiese Prysuitdeling 2017

Hoërskool Transvalia het weer soos in die verlede skoonskip gemaak by die Distrik (D8) se Matriek Akademiese Prysuitdeling.
Die skool het a.g.v. die Matrieks van 2016 se skitterende uitslae die volgende toekennings ontvang:
Die skool wat sy provinsiale teiken bereik het met 100 % slaag
Die Top skool in Kring 1 van die Distrik
Top skool met 100% slaagsyfer
Top skool met die hoogste aantal leerlinge met Universiteitsvrystelling: 159 Leerder
Top skool met die hoogste aantal onderskeidings: 351
Die skool wat die beste resultate oor ʼn periode van 3 jaar volhou het.
Beste presterende skool in die Distrik. (Algeheel beste akademiese skool in die Distrik)

Om al die prestasies te kan behaal moet jy tog kundige onderwysers ook hê en hulle was ook vereer met die toekennings vir beste uitslae in hul vakgebiede:
Me. Katryn Spires – Rekeningkunde
Me. Elna Dorfling – Verbruikerstudie
Me. Hilda Kloppers – Dramatiese Kunste
Me. Laurika Botes – Ekonomie
Me. Elba du Plessis – Engels 1ste Addisionele Taal
Me. Ansie Coetzee – Geografie
Mnr. Walter Berrington – Lewensoriëntering
Mnr. Japie Wessels – Wiskundige Geletterdheid
Me. Annelize Jonker – Toerisme
Me. Riana van Niekerk – Ingenieurs Grafika en Ontwerp.

Ons Matrieks van 2016 wat die uitslae moontlik gemaak het het elk die volgende toekennings ontvang:
Rhoda Hartzer – 1ste onder Top 5 vir die algehele beste presteerders in die Distrik op gemiddeld, beste algehele dogters leerling in die Distrik, Algeheel Top leerder in die Distrik en toekenning ontvang vir die beste prestasie in die volgende vakke: Rekeningkunde en Ekonomie.
Janke Grundling – 2de onder Top 5 vir die algehele beste presteerders in die Distrik op gemiddeld en toekenning ontvang vir die beste prestasie in die volgende vakke: Afrikaans en Fisiese Wetenskap.
Gizelle Venske - 3de onder Top 5 vir die algehele beste presteerders in die Distrik op gemiddeld en toekenning ontvang vir die beste prestasie in die volgende vakke: Engels 1ste Addisionele Taal en Lewensoriëntering.
Liné van Deventer - 4de onder Top 5 vir die algehele beste presteerders in die Distrik op gemiddeld en toekenning ontvang vir die beste prestasie in die volgende vak: Lewenswetenskap.
Anne Grundling – Ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Geografie en deel die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Ingenieurs Grafika en Ontwerp.
Nicola Kloppers - Ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Dramatiese Kunste.
Karla Cloete - Ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Verbruikerstudie.
Mias du Plessis en Marno Haasbroek – Deel die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Ingenieurs Grafika en Ontwerp.
Cayton Nel - Ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Wiskundige Geletterdheid.
Lana Roux - Ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die volgende vak: Meganiese Tegnologie.

Vakkeuse

Afrikaans: Huistaal
Engels: Eerste addisionele taal
Lewensoriëntering
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Leerareas Vakke
Kunste en Kultuur Spraak & Drama
  Visuele Kuns
Mens & Sosiale Wetenskappe Geografie
  Toerisme
Wetenskappe Rekenaartoepassingstegnologie
  Inligtingstegnologie
  Lewenswetenskap
  Fisiese wetenskap
Besigheid/Bestuur Rekeningkunde
  Besigheidstudies
  Ekonomie
Dienste Verbruikerstudie
Tegnologie Ingenieursgrafika en Ontwerp
  Meganiese Tegnologie