0-18 Valke Craven- en Akademie week

Vlnr: Bishop Mohono, Bernand du Plessis, Tiaan Visser, Franco Wagener (onderkaptein) en Abrahm Masoeu

Valke spelers 2019 - 0/16 Grant Khomo week

Vlnr: Wihann McGeer, Zander Zaayman (kaptein) en Rethabile Mollo (onderkaptein)

Valke spelers 2019 - 0/16 Valke Suid Doom Gouws week

Vlnr: Katleho Mohlakoana, Waldré Meyer, Conradt Sevenster, Divan Kapp en Sipho Tyapile. Afwesig - Kyle du Toit en Ruald Stoop

Valke spelers 2019 - 0/18 en 0/17 PJS Valke Suid Rhino week

Vlnr: Divan du Toit, Marthinus Jv Rensburg, Gareth Graham, Lee-Andrew du Preez en MC Dippenaar

Valke spelers 2019 - 0/15 PJS Valke Suid Rhino week

Agter vlnr: Marco Pretorius, Franco Jv Rensburg, Peabo Pienaar, Tristan Greyling, Reno Hirst, Davin Mitchell, Dillon Slier en Wynand Bezuidenhout.
Middel vlnr: Keaton Ehlers, Jaundre Nel, Ruben Olivier (kaptein) en Derek Pretorius.
Voor vlnr: Lambert Grobler, Heinrich Maritz en Hendrico vd Merwe (onderkaptein)

Valke spelers 2019 - 0/14 PJS Valke Suid Rhino week

Agter vlnr: Xander McNeil, Zandre Vermaak, Dane Beytell, Dirkie Wessels, DW Pelser en Stefan vd Merwe.
Voor vlnr: Ruben Claassens, Wihan Mans, Alex McNeil, Rick Guest en Anton van Dam

1ste span

Sedibeng Wes Rhinoweek 0/14 Toernooiwenners

Bokkieweek deelname

Uitslae 2018

VIRSEKERBEKER (BEKER AFDELING)(TOP 8)
Ons bly trots op ons Rugbymanne!
Na 'n dag van teleurstelling kan ons seuns en afrigters nog steeds trots wees op die karakter waarmee ons spanne deurgaans gespeel het. Die 0/14A span het van 19-0 af halftyd terug baklei om 19 elk te wees en aan die einde 'n drie afgestaan om die wedstryd 24-19 te verloor. Die 1stes het baklei tot die einde toe en was voor 33-27 maar het ongelukkig die wedstryd met een punt 34-33 verloor. Die 0/14B span was naaswenners van die liga gewees. Baie dankie aan die seuns, afrigters, ouers en ondersteuners! Sien julle weer in 2019!

VALKE EN NOORDVAAL 7's
2DE VALKETOERNOOI UITSLAE te HUGENOTE, SPRINGS
Na nog 'n harde naweek van 7's Rugby in Springs by Hoërskool Hugenote het beide ons 0/15 en 0/17 span gekwalifiseer vir die Noordvaal 7's nadat die 0/17 span naelbyt in die Finaal teen Dr. Eg Jansen in die laaste beweging verloor het 29-24 en die 0/15 span het 3de geëindig nadat hulle Kempton Park gewen het.

1STE VALKE TOERNOOI UITSLAE te HANS MOORE, BENONI
Ons 2 7's spanne (0/15 en 0/17) het aan die 1ste Valke 7's toernooi te Hoërskool Hans Moore deelgeneem en soos volg gevaar:
0/17's wen Dr. EG Jansen in die beker finaal 21-15
0/15's verloor in die beker finaal teen Dr. EG Jansen
Baie geluk aan beide die spanne!

NOORDVAAL TOP 16 TOERNOOI te MENLOPARK
Die 0/17 span verloor ongelukkig in die Plaat finaal teen Waterkloof en eindig algeheel 6de.
Die 0/15 span verloor ongelukkig in die Bowl finaal teen Montana en eindig algeheel 9de.

0/14A Rugbyspan 2018

0/15 Valke Rugby 2018

SA Rugby magazine!

We would just like to thank SA Rugby magazine and Dylan Jack for picking our school as your School Rugby profile for the August edition of SA Rugby magazine. We highly appreciate it!
Gaan koop gerus die Augustus uitgawe van SA Rugby magazine!
#ValiaRugby #TTT #TrotsTradisieTransvalia


Valke Rugbyspelers 2018

Baie geluk aan die volgende seuns wat na afloop van die finale rondte Valke proewe vir hul onderskeie ouderdomsgroepe se spanne gekies is. Die spanne waarin hulle speel is nog nie finaal nie omrede daar nog 2 oefen wedstryde gespeel word en slegs daarna sal die finale span waarin elke seun speel bekend gemaak word.

0/18 spelers – 18 in Totaal
Raynard Nel, Divan Meyer, Marno Swanepoel, Dewald Strydom, Zian de Jager, Franco Pienaar, Zeilinga Strydom, Bernard du Plessis, Tiaan Visser, Christiaan Burger, Franco Wagener, Roelof du Plessis, Nicky Nicolenas, Ryan Nel, Driaan vd Berg, Uli Wiese, Damian Jordan en Johan van Eck.

0/16 spelers – 17 in Totaal
Heiko Pöhlmann, Quintin Olivier, Abrahm Masoeu, Katli Thamaga, Dewald Stoop, Willem Coertzen, Sjaen Lucas, Anrich Botes, Gareth Graham, Brendan Francis, Ossie Lewis, Kyle Steynen, Enrico Putter, Divan du Toit, Ronan Ehlers en Marthinus Jv Rensburg.

Tuksreeks uitslae 2018

H/S Transvalia se sportleerders kan trots voel op die skool se algehele 7 de plek in die reeks! Baie geluk! Dankie aan elke leerder, ouer, afrigter, organiseerder en toeskouer.Die rugby het soos volg uitgeblink:
Algeheel 3de
Spanne wat spesiale vermelding verdien:
0/14 A - naaswenners
1 ste span - 3de
0/15 A - 5de

0/16 Valke Provinsiale Rugby 2017

2de span Rugby 2017 - Valke Grootskole Ligawenners

0/18 Valke Provinsiale Rugby

0/17 Valke 7's Rugby

0/15A Tuks Skolereeks wenners en Grootskole Virsekerbeker Naaswenners 2017

0/15 7's Noordvaal Bowl wenners 2017

0/14 Grootskole Virsekerbeker semi-finaliste 2017

1ste span Grootskole Virsekerbeker naaswenners 2017

0/17 7's Noordvaal naaswenners 2017

0/15B Tuks skole reeks en Valke Grootskole Liga wenners 2017

0/14B Valke Grootskole Liga wenners 2017

Virsekerbeker Finaal 2017

Na 'n dag se harde Rugby, blydskap en hartseer het ons aan die einde van die 2017 seisoen gekom. Die 0/15A span het die dag afgeskop en het 'n ongelooflike seisoen ervaar deur die 1ste span te geword het in Rugby wat die gesogte TukskoleReeks kon wen. Die span het tot die einde geveg en 'n drie gedruk heel aan die einde maar kon ongelukkig nie die drie verdoel nie en verloor die wedstryd 20-19. Die 0/16A span het die bordjies van verlede jaar verhang en 'n rugby les gegee om 44-12 te wen. Dit was 'n uitstekende spanpoging gewees en baie geluk ook aan Divan Meyer wat aangewys was as man van die wedstryd. Die 1ste span het moedig probeer maar was op die dag geklop teen 'n span met individuele sterre. Hulle het ongelukkig 52-24 verloor. Baie dankie aan elke ouer en seun vir julle tyd, energie en opoffering gedurende die lang seisoen en aan elke afrigter vir die ure sê harde werk wat ingesit was. Baie dankie ook aan Riaan Pool Equipment CC (0/14A Hoofborg) Silverado Spur Steak Ranch (0/15A Hoofborg), Buco Vaal (0/16A Hoofborg) en Star Nissan Vanderbijlpark en Nashua Vaal (1ste span Hoofborg) en Sedgars Sport (Rugby Hoofborg) vir julle finansiële hulp, insette en getroue ondersteuning. Hoop en glo ons sien almal weer in 2018 vir nog 'n great seisoen.
#TrotsTradisieTransvalia
#TrotsValia

0/16A Virsekerbeker wenners
Divan Meyer - kaptein en man van die wedstryd

Noordvaal 7’s Rugby uitslae 2017

Valia Noordvaal 7's Rugby uitslae 22 en 23 September 2017:
Die 0/15 span wen die Bowl afdeling en die 0/17 span verloor ongelukkig in die Beker Finaal maar kan ongelooflik trots voel op hul vertoning en as Naaswenners van die toernooi.
#TrotsTradisieTransvalia

0/15 7's rugbyspan Noordvaal Bowl wenners
0/17 7's rugbyspan Noordvaal beker naaswenners

Valke Grootskole Liga wenners 2017

Baie geluk aan al die spanne wat almal Valke Grootskole Liga wenners is vir 2017!
Die spanne het individueel soos volg gevaar:
2des wen 40-7 vs Hoërskool Hans Moore
3des wen 26-3 vs Vereeniging Gimnasium
0/16B wen 53-5 vs Vereeniging Gimnasium
0/15B wen 63-0 vs Hoërskool Hans Moore
0/14B wen 14-8 vs Hoërskool Oosterlig
Baie dankie aan al die afrigters van die betrokke span en aan elke seun wat betrokke was en hard gewerk het vir die prestasie.

Die 0/15B span is dan ook die 1ste Rugby B-span in die skool se geskiedenis wat beide die TuksSkole reeks en die Valke liga in een jaar gewen het.

2de Rugbyspan
3de Rugbyspan
0/16B Rugbyspan
0/15B Rugbyspan
0/14B Rugbyspan