Kunsfees Drama 2018

Kunsfees Vokaal en Instrumentaal 2018

Kunsfees Vokaal en Instrumentaal 2018

Kunsfees Dans 2018

Kunsfees 2018

Transvalia is geaffilieer by die Vaal Driehoek Kunsfees asook by die Vereeniging Kunsfees. Vaaloewer se kunsfees word ook ondersteun maar hierdie fees vind net elke tweede jaar plaas. Die kategoriee sluit in: Drama, Instrumentaal, Klavier, Vokaal, Ligte musiek, Letterkunde, Visuele kuns en Grafiese kuns (fotografie). Die dans kunsfeeste is nog nie afgehandel nie en al die uitslae het ons nog nie bereik nie. Dus word danstoekennings eers gedurende die prysuitdeling van 2019 aan die begin van die jaar toegeken.

Daar was in totaal 419 inskrywings by die twee kunsfeeste volgens die uitslae wat ons ontvang het. Dit sluit in: 116 A++ simbole, 139 A+ simbole, 113 A simbole, 43 B+ simbole and 8 B simbole. Die danstoekennings is nie by hierdie simbole ingesluit nie. Hierdie opsomming word gemaak vanaf die sertifikate wat die leerlinge bring vir rekordering vir die prysuitdeling.