Bond van Oud Valias

1. Doel
Die doel van die Bond wat hiermee gestig word is die skep van 'n liggaam waar lidmaatskap van oudleerlinge en/of enige ander belanghebbendes ingeneem kan word. Die geld wat ons hierdeur insamel gaan gebruik word vir die ontwikkeling en ondersteuning van Valia se leerders op onderskeidelik sport, akademie, kultuur en leierskap sowel as ook om enige behoeftige leerder te help en ondersteun. Waar daar ‘n behoefte is vir die uitbreiding van ons infrastruktuur en fasiliteite sal die fondse ook daar aangewend word.

2. Lidmaatskap
Elke oudleerling en/of enige ander belanghebbende van die Hoërskool Transvalia het die reg om tot die Bond aansoek te doen. Lidmaatskap geskied by wyse van aansoek en is nie outomaties nie.

3. Aansoek om Lidmaatskap van die Bond.
Daar moet aansoek gedoen word deur die lidmaatskapvorm. 'n Eenmalige bedrag van R50-00 (VYFTIG RAND) word deur u betaal om deel te word van die Bond. Indien u wel voel dat daar van u kant af 'n behoefte is om meer te skenk na afloop van u aansluiting is u baie welkom om dit te doen, en sal dit opreg waardeer word.

4. Betaling van Lidmaatskap/Donasies
Die betaling kan soos volg geskied:
'n Elektroniese oorplasing of deposito in die volgende rekening:
Bank: FNB
Takkode: 250954
Tipe rekening: Tjek
Rekening nommer: 62313425250
Verwysing: Bond van Oud Valias

Bond van Oud-Valia Lidmaatskap

Lidmaatskap aansoekvorm

Oud-Valias

Alle oud-valias, stuur asb. u besonderhede vir ons databasis
Naam:
Van:
Epos Adres:
Tel Nommer:
Sel Nommer:
Datum by Skool - Vanaf: Klik hier om 'n datum te kies
Datum by Skool - Tot: Klik hier om 'n datum te kies
Boodskap: