Wenners - NWU Super Skole reeks

Transvalia se span wat die 1ste NWU SuperSkolereeks (voorheen Tuksskolereeks) die reeks gewen het in 2019. Gemeet aan die kompetisie is dit voorwaar 'n puik prestasie.

Ligawenners

Vaaldriehoek spelers

Tuksreeks uitslae 2018

H/S Transvalia se sportleerders kan trots voel op die skool se algehele 7 de plek in die reeks! Baie geluk! Dankie aan elke leerder, ouer, afrigter, organiseerder en toeskouer.Die gholf het soos volg uitgeblink:
Gholf: Algeheel 6de

Gholf 2018

SA HOËRSKOLE TOERNOOI
Báie geluk aan die volgende seuns van Transvalia wat die Vaaldriehoek suksesvol verteenwoordig het by die SA Hoërskole Toernooi op 1en 2 Oktober 2018 by die Middelburg Gholfbaan:
Rudie Haasbroek
Ethan Vrey
JP van Dyk
Martin Papworth
Juan van den Berg
Julle het met jul goeie spel Valia se naam hoog gehou.

VALIA GHOLF PRESTEER UITSTEKEND BY NOORDVAAL
Nadat Transvalia dié Vaaldriehoek Gholfliga vír die derde jaar agtereenvolgens oortuigend gewen het, het hul ook vir die derde jaar agtereenvolgens gekwalifiseer vir die Noordvaal Finaal Gholftoernooi. Meeste topskole Noord van die Vaalrivier, wat n hele paar honderd skole insluit neem aan hierdie kompetisie deel, waarna die 8 beste skole vir die finale toernooi kwalifiseer.

Hierdie jaar se toernooi het op 30 September 2018 plaasgevind by die Middelburg Gholfbaan. Valia se 4 staatmakers nl. Rudie Haasbroek, Ethan Vrey, JP van Dyk en Martin Papworth se spel was goed genoeg vir 'n vierde plek, wat die beste is wat Transvalia tot op hede in hierdie toernooi gevaar het. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is dat ons nommer een speler, Aiden Leeb op kort kennisgewing aan die toernooi móés onttrek agv interprovinsiale gholf verpligtinge vir die Vrystaat in George.
Die finale puntestand is soos volg:
Affies Pretoria: 106
Klerksdorp Hoër: 99
Piet Potgieter: 97
Transvalia: 92
Monnas: 90
Marais Viljoen: 87
Curro Bankenvedt Mpumalanga: 86
Ellisras: 78

Baie geluk aan elkeen wat hard gewerk en toegewyd was.
VALIA GHOLF WEN DIE LIGA VIR N 3DE JAAR IN N RY!
Transvalia het vandag na n lang seisoen van meer as tien wedstryde, die Vaaldriehoek Gholfliga in die finale toernooi op die Vaal de Grace baan net buite Parys, die eerste plek beklink met meer as 70 punte voor hul naaste teenstander .....Dis die derde agteenvolgende jaar dat Valia hierdie groot prestasie behaal.
Die Vaaldriehoek span wat bestaan uit 8 spelers is ook vandag aangewys.
5 van die top 8 plekke is deur Transvalia seuns ingeneem naamlik: Aiden Leeb, Rudie Haasbroek, Ethan Vrey, Martin Papworth en JP van Dyk.
Aiden Leeb het vandag afgesluit met n skitterende 4 onder baansyfer 68. Sy houe gemiddelde is ook die beste en is dus nou die Vaaldriehoek se nommer een Hoërskole speler vir 2018.
Transvalia verteenwoordig dus nou die Vaaldriehoek Hoërskole vir die derde jaar agtereenvolgens by die Noordvaal Finaal wat ook Natal se beste skole insluit.
Ons 5 Seuns wat die Vaaldriehoek span gehaal het neem ook daarna deel aan die SA Hoërskole toernooi waar van ons land se beste junior gholfspelers betrokke sal wees.